KONSEP
DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN TOERISMETAK MARIENE EN KUSBESTUUR
BELEID VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VAN KOMMERSIëLE VISVANGREGTE INDIE BEPERKTE KOMMERSIëLE VISSERY VAN DIE WESKUS-KREEF (KUSLYN): 2005
INHOUDSOPGAWE
Inleiding ... 3
Sektorale profiel ... 4
Die proses van medium-termyn regtetoekenning ... 6
Oorkoepelende sektorale doelwitte ... 7
Tydsduur ... 8
Nuwe inkomelinge ... 8
Evalueringskriteria ... 9
Uitsluitingskriteria ... 9
a Vorm van aansoeker ... 9
c Papierkwota's ... 9
d Nie-gebruik ... 10
e Multi-sektorale betrokkenheid ... 10
f Persoonlike betrokkenheid by die oes van die bron ... 10
g Afhanklikheid van die bron ... 10
h Woonagtig in visvangsone ... 10
i Toegang tot vaartuig ... 10
Vergelykende balanseringskriteria ... 11
a Transformasie ... 11
b Belegging ... 11
c Werksgeleenthede ... 11
d Prosessering en bemarking ... 11
f Historiese betrokkenheid ... 12
Kwantumskriteria ... 12
Geskikte vaartuie en beperking van toerusting ... 12
Aansoekgelde en heffings ... 13
Meet prestasie ... 14
Waarnemers ... 14
Voorlopige lyste ... 14
Permitvoorwaardes ... 14
Inleiding
Hierdie is 'n konsep beleid oor die toekenning en bestuur van visvangregte in die kommersiële vissery van die Weskus-kreef (kuslyn) soos uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") vir openbare kommentaar. Na hierdie sektor sal verwys word as "WKK (kuslyn)". Hierdie beleid moet saam gelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Beleid").
Soos in die Algemene Beleid verklaar sal die Departement openbare vergaderings op plekke langs die kus hou om met die algemene publiek, en veral belanghebbende en geaffekteerde partye, oorleg te pleeg met betrekking tot hierdie konsepbeleid van die WKK (kuslyn). By hierdie openbare vergaderings sal kommentaar oor die beleid gevra word. Skriftelike kommentaar moet teen 11 April 2005 by die Departement ingedien word. Kommentaar wat na hierdie datum ingedien word sal nie in aanmerking kom nie. Kommentaar moet as volg ingedien word:
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir WKK (kuslyn) uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid weerspieel tewens sodanige beleid.
Sekere voorgenome betuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek vir die Weskus-kreef (kuslyn) sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fyn besonderhede die toepaslike bestuursmetodes en -prosedures vir die bedryf uitstippel. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om artikel 18-magte, in terme waarvan kommersiële visvangregte van die WKK (kuslyn) toegeken word, ingevolge artikel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998 ("die WLMH") aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer.
Weskus-kreef (Jasus lalandii) is diere wat stadig groei en lank leef. Die vroulike grootte by volwassenheid wissel en strek tussen 57 millimeter oor die lengte van die rugdop (CL) tot 66 millimeter CL. Manlike kreef word groter en groei vinniger as die vroulikes. As gevolg van die beperking op die grootte van 75 mm CL vir kommersiële visserye geld, maak manlike kreef 90 tot 99 persent van die vangste uit.
Weskus-kreef kom naby die kus voor (op 200 m diepte) vanaf net noord van Walvisbaai in Namibië tot by Oos-London. Kommersiële uitbuiting vind egter van ongeveer 25°S in Namibië tot by Gansbaai plaas. Ontspanningsvangste strek egter verder oos tot by Mosselbaai.
Sektorale profiel
Die huidige biomassa wat oesbaar is, word geskat op ongeveer agt persent van die vlakke voor ontginning en broeiende biomassa op ongeveer 21 persent. Hierdie afname is grootliks veroorsaak deur twee faktore: groot nie-volhoubare vangste wat veral gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu plaasgevind het en 'n aansienlike vermindering in die somatiese groeikoers gedurende die 1990's.
Kommersiële visvang het in die 1880's 'n aanvang geneem. Die kommersiële vissery het vroeg in die 20ste eeu met rasse skrede uitgebrei. Hoewel rekords oor vangste voor 1940 skaars is, lyk dit asof vangste in die tydperk 1950 tot 1965 hulle toppunt bereik het, toe tussen 13 000 en 16 000 ton jaarliks aan land gebring is.
Voor 1946 was die kommersiële vissery nie gereguleerd nie. In daardie jaar is 'n produksiekwota op die stertgrootte ingestel om uitvoere te beheer. Dit het die basis gevorm van die "opbrengsbeheerde" bestuursfilosofie wat nog steeds in die bestuur van die Weskus-kreefbron toegepas word.
Na 1946 is jaarlikse kwota's toegestaan wat hoofsaaklik gebaseer is op die prestasie van die vissery in die voorafgaande seisoen. Tot middel 1960's is vangste regstreeks deur hierdie kwota's beheer. In die visvangseisoen van 1967/68 het vangskoerse begin afneem en kwota's kon nie gevul word nie. Vermindering in die Totale Toelaatbare Vangste (TTV) tot tussen 4 000 en 6 000 ton het 'n mate van balans in die tydperk 1970/71 tot 1989/90 herstel.
Die produksiekwota van stertmassa is vervang deur 'n kwota van die hele kreef (gelande massa) en bestuur deur middel van 'n TTV is in die vroeë 1980's ingebring. Terselfdertyd is toekennings op grond van gebiede of sonerings ingestel. Ander bestuursmaatreëls wat vroeg afgedwing is, was perke op groottes en 'n geslote seisoen. Vangste van dragtige of sagtedopkreef is verbied. Gedurende die vangseisoen van 1990/91 het die vangskoers weer gedaal en in die daaropvolgende jare is die kommersiële TTV geleidelik verminder tot 1 500 ton in die 1995/96-seisoen. Sedertdien was daar 'n geleidelike herstel en is die kommersiële TTV op 3 527 ton vir die 2004/2005-seisoen gestel.
Voordat kreefvanghokke in die 1960's ingebring is, het die kommersiële vangbedryf feitlik uitsluitlik staat gemaak op fuike wat met die hand ingetrek is. Hierdie fuike is lig en kan maklik van klein bootjies af, in vlak water ontplooi word. Fuike word selde op dieptes van meer as 30 meter gebruik. Dinghies met fuike kan deur middel van 'n buiteboordmotor of roeispane onafhanklik van die kus af werk, of dit kan na die viswaters vervoer word deur 'n gemotoriseerde moedervaartuig (dekboot).
Die Weskus-kreefvangsbedryf bestaan uit twee afsonderlike sektore: 'n kommersiële vangsbedryf en 'n ontspanningsvangsbedryf. Ontspanningsgebruikers mag slegs met fuike van 'n boot of teen die kus af vang, of asem-ophou duik of pale van die kus gebruik. Ontspanningsvangers mag nie hulle vangste verkoop nie.
Die kommersiële sektor bestaan uit grootskaalse aflandige operateurs regtetoekennings wat ton oorskry) en 'n meer beperkte komponent naby die kus (regtetoekenning van minder as ton. In die sektor naby die kus mag die regtehouers slegs fuike gebruik en mag hulle nie tussen gebiede beweeg nie.
Die kommersiële sektor naby die kus (of beperkte kommersiële vissery) het die bestaansvissery in 2001 vervang, as gevolg van bevindings en aanbevelings van 'n onafhanklike oorsig oor bestaansvisvang in Suid-Afrika. Die oorsig het aanbeveel dat bestaansvissery van hoë waarde soos weskus-kreef, tradisionele lynvis en perlemoen gekommersialiseer moet word. Die kommersialisering van hierdie visserye het vissers instaat gestel om hulle produkte te verkoop en bemark.
Die Departement ken 20 persent van die weskus-kreef-TTV toe aan die kuslyn vissery en ongeveer 80 persent aan die diepsee vissery. Die rede vir hierdie verdeling is dat ongeveer 20 persent van die bron in die gebied naby die kus geleë is, terwyl 80 persent in dieper waters gevind word.
Die diepsee vissery onderhou ongeveer 5 500 werknemers waarvan 95 persent swart persone is. Hiervan is meer as 2 500 personeel seevarend en die res is werksaam in prosesserings-en bemarkingsoperasies aan land. Vangste van weskus-kreef vind plaas tussen November en Julie en die gemiddelde jaarlikse inkomste gedurende hierdie tydperk is R26 500. Die jaarlikse waarde van weskus-kreefvangste is ongeveer R200 miljoen. Die benaderde waarde van vaartuie in hierdie bedryf is R130 miljoen.
Die proses van medium-termyn regtetoekenning
In 2001 het die Departement 234 volle kommersiële visvangregte vir weskus-kreef toegeken. 'n Verdere 511 beperkte kommersiële visvangregte is toegeken aan voormalige bestaansvissers. Van die regte toegeken in die volle kommersiële bedryf, is 66 persent toegeken aan swart persone en entiteite in swart besit. Verteenwoordiging van swart persone op senior bestuurvlak in die volle kommersiële vissery is egter slegs 34 persent.
Van hierdie regte in die beperkte vissery, is 91.5 persent aan swart persone toegeken; hoofsaaklik mikro-ondernemings in swart besit. Dit beteken dat ongeveer 70 persent van die weskus-kreefvangsbedryf onder swart beheer is.
In 2003 het die Departement 'n verdere 230 ton weskus-kreef aan 274 beperkte kommersiële regtehouers in die gebied oos van Kaap Hangklip toegeken. Uit hierdie regte toegeken, is meer as 90 persent aan swart persone toegeken.
In 1992 het 39 hoofsaaklik wit regtehouers die weskus-kreef-TTV beheer. Hierteenoor het die Departement teen die einde van 2003 1 019 kommersiële kreefvangregte toegeken. Hiervan is meer as 785 aan voormalige bestaansvissers toegeken. Om voorsiening te maak vir die groter aantal regtehouers was die gemiddelde toekenning in 2002 6.8 ton, in vergelyking met 'n gemiddelde toekenning van 56 ton in 1992. Die verskil tussen die grootste en die kleinste regtehouers het ook aansienlik gekrimp gedurende die afgelope 10 jaar. In 1992 was daar 'n 200-voudige verskil tussen die hoogste (199 ton) en die laagste (1 ton) toekennings; in 2002 was daar 'n 66-voudige verskil tussen die hoogste (95.6 ton) en die laagste (1.5 ton) toekennings.
Oorkoepelende sektorale doelwitte
Die doelwitte met die toekenning van langtermyn vangsregte in die WKK (kuslyn) vissery is om: 
Die ekonomiese lewensvatbaarheid van die vissery in stand te hou; en 
Die omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te verseker.
Die transformasieprofiel van hierdie vissery in stand te hou;
Kommersiële visvangregte toe te ken aan vissers wat afhanklik is van die WKK-bron vir hulle bestaan;
Te verseker dat aansoekers afkomstig van vissersdorpe wat histories met WKK-vangste verbind word, 'n redelike deel van die regte ontvang;
Belegging in vaartuie, bemarkings-en prosesseringsinfrastruktuur aan te moedig en om standvastige werksgeleenthede te skep;
Tydsduur
Met inagneming van -
Die transformasieprofiel van die vissery; 
Die behoefte om verdere beleggings in hierdie vissery deur mikro-ondernemings aan te moedig; 
Die behoefte om die skep van permanente werksgeleenthede aan te moedig; 
Die behoefte om die ekonomiese stabiliteit wat tans in die vissery voorkom, in stand te hou; en 
Die feit dat die weskus-kreefbron goed bestuur word met betroubare en huidige data,
Is die Departement voornemens om kommersiële regte vir 'n tydperk van 10 jaar (1 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2015) toe te ken, onderworpe aan hersiening op gereelde grondslag teenoor voorafbepaalde prestasiekriteria, soos die bereiking van ooreengekome transformasiedoelwitte (sien paragraaf 12 hier onder).
Nuwe inkomelinge
Hoewel die weskus-kreefvangsbedryf optimaal ontgin word en daar nie plek is vir addisionele deelnemers nie, sal nuwe inkomeling-aansoekers tog oorweeg word. Huidige regtehouers wat nog nie die transformasiedoelwitte in werking gestel het waartoe hulle hulself verbind het in hulle onderskeie medium-termyn regte-aansoeke nie, mag vervang word deur geskikte nuwe inkomelinge. Verder sal daardie regtehouers wat nie van hulle regte gebruik gemaak het nie, of hulle nie doeltreffend aangewend het nie, nie weer 'n reg ontvang nie en mag hulle deur nuwe inkomelinge vervang word.
Evalueringskriteria
Alle aansoeke sal ingevolge 'n stel "uitsluitingskriteria" gesif word. Nuwe aansoekers en vorige regtehouers se aansoeke sal daarna apart nagegaan word volgens 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt vir die telling of rang sal dan vasgestel word ten einde die suksesvolle aansoekers te kies. 'n Gedeelte van die TVV sal dan aan elk van die suksesvolle aansoekers toegeken word ingevolge 'n stel "kwantumkriteria".
Uitsluitingskriteria
Behalwe die kriteria wat verskyn in die algemene beleid met betrekking tot die onbehoorlike indiening van aansoeke en wesentlike defekte, sal die Departement aansoekers uitsluit wat versuim om aan die volgende vereistes te voldoen:
Vorm van die aansoeker: Slegs natuurlike persone sal in aanmerking geneem word. Regtehouers wat voorheen opereer het in die vorm van juridiese persone (d w s Beslote Korporasies, trust of maatskappye) sal in hulle individuele hoedanighede moet aansoek doen, maar sal as "regtehouers" beskou word vir die doel van die toekenningsproses.
n Kerngesin (bestaande uit 'n egpaar, hulle ouers en hulle kinders) mag nie meer as een reg ontvang nie, ten einde monopolië te vermy en om toegang tot die weskus-kreefbron te versprei. Aansoekers mag versoek word om hulle verwantskap aan aansoekers in ander kommersiële visvangbedrywe te verklaar. Indien meer as een lid van 'n huishouding aansoek doen om 'n reg, is dit moontlik dat al die aansoeke van die familie uitgesluit sal word, tensy die aansoekers duidelik en oortuigend kan aantoon dat hulle aparte klein kommersiële ondernemings gestig het..
Wetsnakoming: Aansoekers wat 'n ernstige oortreding ingevolge die WLMH begaan het sal uitgesluit word.
Papierkwota's: Papierkwota's (soos in die Algemene Beleid omskryf) sal uitgesluit word.
Nie-gebruik: Geen kommersiele regte toegeken word aan regtehouers wat versuim het om hulle medium-termyn kommersiële weskus-kreefreg te gebruik, tussen 2002 en 2004.
Multi-sektorale betrokkenheid: Aansoekers wat regte in 'n kommersiële vissery hou, behalwe in die perlemoenbedryf, of wat belange het - insluitende aandele en lidmaatskapsbelange - in regtehouers in ander kommersiële visserye, sal uitgesluit word. Aansoekers wat die begunstigdes is van regtehouers-trusts sal uitgesluit word.
Persoonlike betrokkenheid by die oes van die hulpbron: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle tydens die visvangseisoen op 'n voltydse basis betrokke is by die vangste van WKK. Hulle moet aktief besig wees op visvangvaartuie en deelneem aan die bedryf van die besigheid.
Afhanklikheid van die bron: Regtehouer-aansoekers wat nie afhanklik is van die oes van WKK vir minstens 75 persent van hulle jaarlikse bruto-inkomste nie, sal uitgesluit word. Potensiële nuwe inkomelinge sal versoek word om te bewys dat hulle histories afhanklik is van WKK-vangste vir hulle bestaan. Aansoekers wat enige deel van hulle inkomste uit bronne buite die vissery verhaal, sal uitgesluit word.
Woonagtig in visvangarea: Aansoekers wat nie langs die visvangarea woon, waarvoor hulle om regte aansoek gedoen het nie, sal uitgesluit word. Aansoekers moet kan bewys dat hulle minstens vier jaar lank langs die visvangarea gewoon het. Vangsteregte vir WKK (kuslyn) sal slegs aan inwoners gegee word wat langs 'n visvangsarea of gebied woon. Suksesvolle regtehouers in die WKK (kuslyn) vissery sal beperk word tot 'n bepaalde visvangsone of gebied.
Toegang tot vaartuig: Aansoekers moet bewys lewer van 'n reg tot toegang tot 'n geskikte vaartuig (sien paragraaf 9 hier onder).
Vergelykende balanseringskriteria Aansoekers wat regte hou asook, potensiële nuwe inkomelinge, sal geëvalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal.
a Transformasie
Ten einde die transformasieprofiel van die WKK (kuslyn) vissery in stand te hou, sal swart aansoekers positief evalueer word. Geslag mag gebruik word, as 'n valbyl-faktor, d w s waar meer as een aansoeker dieselfde telling aangeteken het, sal 'n vroulike aansoeker bo 'n man verkies word..
Aansoekers sal ook evalueer word op grond van
Regstellende aankope; en 
Korporatiewe maatskaplike belegging.
b Belegging in die vissery
Belegging in vaartuie teen 31 Desember 2004 sal erken word, solank die belegging bewys lewer van 'n ware verbintenis tot deelname in die WKK visvangsbedryf.
c Werksgeleenthede
Regtehouer-aansoekers wat kan bewys dat hulle tydelike of permanente werk verskaf het gedurende die medium-termyn tydperk, sal beloon word.
d Prosessering en bemarking
Regtehouer-aansoekers sal versoek word om prosesserings-en bemarkingsrekords in te dien en mag op prestasie in hierdie verband evalueer word.
e Prestasie
Regtehouer-aansoekers sal evalueer word met inagneming van hulle prestasie in die WKK vissery gedurende die medium-termyn tydperk.
Nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die vermoë, kennis en vaardighede het om aan die WKK (kuslyn) deel te neem.
f Historiese betrokkenheid
Regtehouer-aansoekers en potensiële nuwe inkomelinge mag beloon word vir historiese betrokkenheid in die vissery. Sodanige betrokkenheid mag insluit of hy/sy 'n bemanningslid in die beperkte kommersiële vangstebedryf van WKK (kuslyn) vissery of 'n bemanningslid in enige ander kommersiële vissery was.
Geringe oortredings van WLMH, die regulasies en permitvoorwaardes, soos om te veel vis te vang of om onder-grootte WKK uit te haal, sal gepenaliseer word. Regtehouer-aansoekers wat nie kan bewys dat hulle voldoen aan die vereistes van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling 97 van 1998, of die Wet op die Heffings van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid 85 van 1993 nie, sal gepenaliseer word.
Kwantumkriteria
Toekennings aan suksesvolle regtehouers in die vangstebedryf van WKK (kuslyn) sal vasgestel word op tussen 750 kilogram en 1.5 ton. Die talrykheid van die bron in die gebied of sone waarvoor aansoek gedoen word, asook belegging in die vangstebedryf en werkskepping sal in aanmerking geneem word.
Geskikte vaartuie en beperking van toerusting n Geskikte vaartuig in die WKK (kuslyn) vissery is 'n vaartuig wat:
By SAMSA-gesertifiseer is met 'n minimum geregistreerde lengte van agt meter;
Toegerus is met 'n werkende vaartuigmoniteringstelsel; en
Toegerus is om slegs met fuike WKK te vang.
Die WKK-vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering van visvangbedrywe (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot visserysbestuur is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning daaraan gee dat visvangste en aanverwante die breë mariene omgewing kan beinvloed. Hierdie deel van die beleid vir WKK (kuslyn) is egter nie daarop gerig om om 'n beleidsverklaring te maak oor EBV in die WKK (kuslyn) nie. Die EBV in die vangstebedryf van WKK sal verder uiteen gesit word in die Bestuurshandboek vir die WKK (kuslyn). Suid-Afrika bly verbind tot 'n teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EBV in die kommersiële vissery.
Die WKK (kuslyn) vissery sal bestuur word deur gebruik te maak van 'n aantal kontroleringsmeganismes, insluitende minimum-grootte beperkings, geslote seisoene, toerustingbeperkings, gebieds-en tydsbeperkings, mariene bewaringsgebiede en beperkings op die vang van dragtige vroulikes en sagtedop kreef. Hierdie beperkings word in die permitvoorwaardes vervat.
Aansoekgelde en heffings
Die aansoekgeld vir die vangstebedryf van WKK (kuslyn) sal vasgestel word met inagneming van die volgende:
die koste van die hele regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, appèlle en hersienings.
In hierdie verband sal die koste aangegaan gedurende die mediumtermyn proses as riglyn dien; en 
die waarde van die vis wat toegeken word oor die duur van die reg.
Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is met ingang van 1 Januarie 2006 sal hersien word, na oorlegpleging met belanghebbende en geaffekteerde partye.
Meet van prestasie
Die Departement sal 'n aantal formele ondersoeke instel om prestasie in die gebruik van regte te meet. Daar word beoog om die eerste prestasiebepalings na een jaar uit te voer and daarna elke drie jaar. Versuim om te presteer volgens voorskrifte mag tot gevolg hê dat die reg opgeskort, gekanselleer of ingetrek word.
Waarnemerprogram
Die vaartuie wat gebruik word in die WKK (kuslyn) vissery is nie toegerus om waarnemers aan boord te neem nie. Regtehouers sal egter verplig word om hulle volle samewerking te gee aan waarnemers op land, of aan waarnemers wat na die viswaters in ander vaartuie vervoer word.
Voorlopige lyste
Voordat die Departement finaal besluit oor die toekenning van regte in die WKK (kuslyn) vissery, sal 'n voorlopige lys van suksesvolle aansoekers uitgereik word. Hierdie voorlopige lys sal na al die areas gestuur word. Belanghebbende en geaffekteerde partye in hierdie areas kan dan die Departement inlig of enige persone wat histories WKK uitgehaal het in die kuslyngebied, uit die voorlopige lys gelaat is.
Permitvoorwaardes
Permitvoorwaardes vir hierdie vangstebedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie vangstebedryf vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg.
Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om op hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer.
